Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 9 MAART 2014

Goeie môre, U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika. Die SARL saai elke Sondag om 08:15 SAT 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uit. Vir oudio gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

IN VANDAG SE SARL-NUUS:
200 KLEIN SATTELLIETE SAL BINNEKORT GELANSEER WORD VIR KORT RUIMTELEWE
SARL@HOME-OPPPERVLAKMONTERINGSTEGNOLOGIE
INSKRYWINGS VIR DIE MEI RAE OPEN OP 10 MAART

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

200 KLEIN SATTELLIETE SAL BINNEKORT GELANSEER WORD VIR KORT RUIMTELEWE

Die grootste ooit lansering van mikrosattelliete wat op die 437 MHz band funksioneer word vir 16 Maart beplan. Dit is wanneer nagenoeg 200 mikro Sprite sattelliete met die SpaceX Falcon 9 CRS 3 sending gelanseer sal word. Volgens Amateur Radio Newsline is ‘n Sprite is a klein, 3.5 by 3.5 cm, enkelbord ruimtetuig deur Zac Manchester, KD2BHC ontwikkel. Dit bevat ‘n mikro-beheerder, radio en sonpanele. Dit is in staat om enkelskyfie sensors, soos termometers en magnetometers, te dra.

Die 200 Sprites sal in ‘n kubussatelliet genaamd KickSat gedra word. Dit is gestapel op ‘n veergelaaide werper wat deur ‘n nichroom branddraad stelsel in plek gehou word. Wanneer KickSat sy wentelbaan bereik sal dit manuvreur en kommunikasie met die Cornell University grondstasie bewerkstellig. Nadat dit nagegaan is sal die ruimtetuig in ‘n songerigte posisie geplaas en gehou word. ‘n Bevelssein vanaf die grondstasie sal die ontlading inisieer en die Sprites sal as vry-vliegende ruimtetuie losgelaat word. Hierdie mikros sal in ‘n wentelbaan van 325 by 315 kilometer en 51.5 grade inklinasie geplaas word. Na plasing sal telemetrie en sensorwaarnemings van die individuele Sprites deur die Cornell grondstasie in Ithaca, NY, asook verskeie ander amateur grondstasies regoor die wereld ontvang word.

Al 200 Sprites opereer op 437.240 MHz en maak gebruik van gekodeerde toegang. Senders opereer teen slegs 10 milliwatt.

As gevolg van die lae wentelbaan sal die Sprites ‘n kort lewensduur voordat dit weer die atmosfeer binnedring en uitbrand hê. Daar word verwag dat die lewenstyd van die tuie sowat ses weke kan wees, maar afhangend van toestande kan dit selfs korter wees. Ten spyte van hierdie kort tydperk is hierdie Sprites die vervulling van vele navorsers se droom.

LIGANUUS

SARL@HOME-OPPPERVLAKMONTERINGSTEGNOLOGIE

Bespreek nou vir die volgende SARL@HomeBook now for next SARL@home.

Na die geslaagde SARL@Home wat in Januarie gehou is bied die SARL weer hierdie projek op 22 Maart aan. Dit word aangebied deur Frik Wolff, ZS6FZ by die SARL Nasionale Amateur radiosentrum vanaf 09:00 – 13:00. Koste beloop R150 en sluit die komponente om n laekrag FM sender te bou asook ‘n KS met tutoriale en stroombane in. Nie lede van die SARL betaal R300.

Bespreking is noodsaaklik aangesien slegs 20 deelnemers geakkomadeer kan word. Jy sal jou eie soldeerstasie met spitspunt, tweezer, handgereedskap en vergrootglas moet voorsien. Die SARL het ook ‘n spesiale aanbieding op vergrootglase, sou jy een wou aankoop.

Besonderhede is op die registrasievorm beskikbaar op die Liga se webwerf, waar jy ook die status van jou bespreking kan monitor. Besprekings sluit op Maandag 15 Maart 2014.

SARL NASIONALE KONVENSIE

Ooit gewonder hoe die SABC Voetspore span gedurende hul reis deur Afrika gekommunikeer het? Woon die SARL Nasionale Konvensie van 11-13 April in Pretoria by om uit te vind!

Benewens die AJV is daar velerlei aktiwiteite, uitstallings en interessante aanbiedings.

Bespreek nou vir hierdie geleentheid. Selfs as jy net die AJV gaan bywoon is dit belangrik dat jy die registrasievorm voltooi. Volle besonderhede is beskikbaar by www.sarl.org.za

5MHZ LISENSIE HERNU

ICASA het die SARL 5 MHz lisensie vir nog ‘n maand hernu in afwagting van ‘n besluit deur die ICASA raad om ‘n langtermynlisensie tot met die WRC15 in November volgende jaar toe te staan.

INSKRYWINGS VIR DIE MEI RAE OPEN OP 10 MAART

Die SARL sal ‘n nuwe aanlynregistrasiestelsel vir die Mei RAE op 10 Maart loods. Candidate vir die Mei eksamen moet na 10 Maart die SARL se webwerf besoek vir besonderhede oor hoe om te registreer.

KLUBNUUS

OTL JAARVERGADERING

Op 1 Maart 2014 het Zs6OTL sy jaarvergadering gehou en die volgende bestuurslede verkies:

Voorsitter: Manie, ZS6HSE
Ondervoorsitter: Leon, ZS6LEG
Sekretaris: Ronel, ZS6SBV
Tesourier/tegnies: Nico, ZS6MAJ
Skakelbeampte: Anton, ZS6AG

Dankie aan die uittredende kommitee vir die jaar se harde werk.

Daar word ook n uitstappie na Steenkampberg beplan vir almal op 20 Maart vir die heel naweek, so luister uit vir hulle op 2m sowel as HF.

KOMPETISIENUUS

SARL JEUGDAG NAELLOOP

3 logstate is ontvang en hiervolgens was 56 stasies aktief op die lug waarvan slegs 6 jeugstasies was. Dit lyk voorwaar of daar vir Mitchel ‘n uitdaging is om die jeug meeer betrokke te kry!

Die uitslag is soos volg:

1ste - Mitchel Mynhardt, ZS6YH - 105 punte 2de - Francois Reyneke, ZU6FR - 82 punte en 3de Karel Bezuidenhout, ZR6K - 64 punte.


HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak gematig gaan wees. Daar is nog verskeie klein en middelmatige sonvlekke terwyl Sonvlek AR1990 die bron van X-klas fakkels kan wees.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 100.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 15 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 20 m net 'n kortkop agter behoort te wees. Daar behoort ook 'n paar 6 m openinge vroeg aand te wees.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

10 Maart - Laaste dag vir instuur van logstate van Hamnet Gesimuleerde Noodkompetisie aan contest@peham.co.za.
15 Maart - Laaste dag vir instuur van voorstelle vir voorleggings vir die 2014 SA AMSAT Ruimtesimposium aan saamsat@intekom.co.za
31 Maart - Sluitingsdatum vir indiening van voorstelle vir die Skole Satellietprojek aan SA AMSAT. Besoek www.amsatsa.org.za
11-13 April – SARL Nasionale Konvensie

Die 2014 SARL Dagboek van Gebeure is op www.sarl.org.za. beskikbaar vir aflaai. Kry 'n afskrif en hou dit handig in jou radiokamer.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u om elke Sondagoggend om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-omgewing te luister na "Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz en ook 'n potgooi deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op "Amateur Radio Today", gaan na die groen kolom en klik op 'Listen on the web'. 'n Heruitsending vind op Maandae om 16:30 UTC op 4 895 kHz plaas. Op die webwerf verskyn ook besonderhede aangaande verskeie ander heruitsendings. Ontvangsrapporte, kommentaar en voorstelle sal waardeer word. Stuur e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga saamgestel en geredigeer deur Louis Kirstein, ZS1LK.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003